Koop Woeker met Wiskunde handboeke aanlyn by Amaniyah Uitgewers teen mededingende pryse

Verbeter studente se prestasie in die wiskunde klas deur hierdie reeks Woeker met Wiskunde handboeke te gebruik. Elke boek bevat inhoud wat leerders sal aanmoedig om wiskundige konsepte te bevraagteken en nuuskierigheid aanwakker. Koop vandag hierdie handboeke by Amaniyah Uitgewers vir u leerders.
Deur studente te motiveer om hul idees rondom die onderwerp te deel, skep onderwysers ‘n positiewe, aktiewe en betekenisvolle leeromgewing. Onderwysers kan gebruik maak van die Woeker met Wiskunde handboeke om gesprekke rondom wiskundige konsepte in die klaskamer te begin. Hierdie gesprekke sal studente se kritiese denke en kommunikasievaardighede versterk, binne en buite die klaskamer.
Nog ‘n groot voordeel van die gebruik van hierdie handboeke is dat die inhoud maklik is om te lees en te verstaan. Hierdie Woeker met Wiskunde teorie en werkboeke is ook in Engels beskikbaar as “Move with Maths”. Die uitleg van die boek maak dit vir onderwysers maklik om lesse te beplan en in die mees logiese volgorde aan leerders te verduidelik.

Ons het ook ander wiskunde handboeke beskikbaar. Kyk gerus na die Math-e-Genius handboeke en tegniese wiskunde handboeke.

Read More

PDF-weergawes van ons Woeker met Wiskunde handboeke is beskikbaar by SNAPPLIFY en ITSI.

Baie studente vind dit moeilik om die werk te verstaan as hulle nie die wiskundige probleme self herken nie. Die Woeker met Wiskunde handboek kan beide in die klaskamer en tuisomgewing gebruik word om leerders wat sukkel om wiskunde te verstaan, te lei. Ekstra huiswerk kan vir oefendoeleindes toegewys word, sodat studente die konsepte in hul eie tyd kan bestudeer todat dit vir hulle sinmaak.
Leerders kan wiskundige konsepte nie ten volle begryp sonder toegang tot ‘n handboek as hulpmiddel nie. Dit lei tot swak akademiese resultate en ‘n gebrek aan belangstelling in die onderwerp. Deur toegang tot handboeke in ‘n leeromgewing te hê, het die leerlinge die geleentheid om na vorige oefeninge terug te verwys as hulle die behoefte voel om te hersien wat in die klas behandel is.
Die Woeker met Wiskunde-teorie en werkboeke is so saamgestel dat elke hoofstuk ‘n bietjie teorie bevat, sowel as oefeninge wat opgestel is om die brein te stimuleer en leerders toe te laat om die kennis wat hulle opdoen, toe te pas.

M. Hindmarsh-Russel het die Woeker with Wiskunde teorie en werkboek geskryf volgens die Kurrikulum en Assesserings Beleidsverklaring van Suid-Afrika. Die KAPV, ook bekend as die CAPS kurrikulum, is ‘n hersiene weergawe van die Nasionale Kurrikulumverklaring wat voorheen in skole regoor die land gebruik is.

By Amaniyah Uitgewers bied ons Woeker met Wiskunde handboeke aan vir laerskool en hoërskool leerders van graad sewe, agt en nege. Hierdie handige teorie en werkboeke is mededingend geprys teen slegs R142,00 per boek. Ons bied afleweringsdienste aan ons kliënte regoor Suid-Afrika. Maak wiskunde opvoeding lekker vir beide onderwysers en leerders met die Woeker met Wiskunde teorie en werkboek wat nou aanlyn te koop is op ons webwerf.

Showing all 3 results