Amaniyah Uitgewers verkoop bekostigbare Math-e-Genius Wiskunde handboeke aanlyn.

Ons is toonaangewende verspreiders van handboeke vir laerskole en hoërskole in Suid-Afrika. Een van die mees doeltreffende skoolboeke vir wiskunde wat tans aangebied word, is die Math-e-Genius teorie en werkboeke. Handboeke vir verskillende grade is op ons webwerf beskikbaar.

Kyk na ons ander wiskunde teorie en werkboeke, soos die tegniese wiskunde handboeke en Woeker met Wiskunde handboeke.

Kinders wat op ‘n jong ouderdom aan numeriese konsepte blootgestel word, sal wiskunde vinniger verstaan en kan toepas in sekondêre en tersiêre instellings. Behalwe dat hulle leer hoe om met getalle te werk tydens die opvoeding en ontwikkeling in hul kinderjare, help wiskunde kinders om ‘n aanleg te ontwikkel om vorms te verstaan, patrone te herken en probleme op te los deur krities en logies te dink.

Amaniyah verskaf ‘n teorie en werkboek wat spesifiek op leerders in die grondslagfase gemik is en het ook ‘n Math-e-Genius-handboek te koop vir leerders wat onder die intermediêre fase val. Elke boek is saamgestel volgens die standaarde van die Departement van Onderwys en die Kurrikulum- en Assesserings Beleidsverklaring, ook bekend as die KAPV onderwys sisteem.

Read More

PDF-weergawes van ons Math-e-Genius handboeke is beskikbaar by SNAPPLIFY en ITSI.

Om ‘n optimale leerervaring in wiskunde te verseker, moet leerders gemotiveerd en gedrewe wees. Hierdie wiskunde handboeke sal leerders help om die onderwerp te verstaan deur prettige en interaktiewe voorbeelde in te sluit. Kleurvolle illustrasies is gebruik om die brein te stimuleer, betrokkenheid te verbeter en ‘n positiewe ervaring te skep vir studente wat die vak bestudeer.
Die skrywer, Ida Neto, het die Math-e-Genius handboek ontwikkel met die doel om gebruikers van die handboek die beste moontlike onderrig te gee.
Die Math-e-Genius program kombineer drie fokuspunte, naamlik:
• Pedagogiese korrektheid
Die bekendstelling van die Math-e-Genius handboeke in skole, skep ‘n platform vir samewerkende leerpraktyke tussen onderwysers en studente in ‘n klaskamer. Studente wat hierdie handboeke gebruik, is in staat om nuwe idees rondom wiskunde te begryp deur oefeninge in die leerstof met ‘n onderwyser te bespreek.

• Vakdidaktiese korrektheid
Graad 1 tot 6 onderwysers wat die Math-e-Genius-boeke gebruik, word voorsien van kwartaalplanne, weekplanne en selfs lesplanne as riglyn om die inligting op die beste en mees ontvanklike manier aan te bied.

• Vakkennis
Vakkennis rondom ‘n sekere onderwerp. Dit is noodsaaklik dat wiskunde-onderwysers die vak op die mees doeltreffende wyse aan leerders oordra en dat konsepte korrek interpriteer word. Die Math-e-Genius handboeke bied onderwysers basiese leerblokke vir wiskunde studente, soos hoe om met syfers te werk en die toerie daaragter.

By Amaniyah lewer ons handboeke af by ons kopers oral in Suid-Afrika. Koop vandag Math-eGenius handboeke aan vir grondslagfase leerders om wiskunde te verstaan en te geniet. Ons maatskappy bied die beste en goedkoopste handboek pryse in die land aan. Dit wissel van R90 tot R210 per boek. Bied leerders die beste grondslag vir verdere opleiding in ‘n tersiêre inrigting deur die Math-e-Genius handboeke in die klaskamer te gebruik.

Showing all 6 results