Amaniyah Uitgewers verskaf bekostigbare fisiese wetenskappe handboeke aanlyn.

Amaniyah Uitgewers verskaf bekostigbare fisiese wetenskappe handboeke aanlyn. Ons senior-fase reeks laat leerders nie net toe om teorie in die boeke te studeer nie, maar gee ook praktiese voorbeelde. Met ‘n teorie en werkboek kombinasie, is dit maklik om na inligting terug te verwys en na voorbeelde te kyk terwyl huis- en klaswerk voltooi word.

Ons fisiese wetenskappe handboeke in beide Engels en Afrikaans is mededingend geprys en word deur agt van die top tien skole in Suid-Afrika gebruik. By Amaniyah Uitgewers het ons ‘n passie om uitstekende leermateriaal aan studente regoor die land te bied. Sekondêre leerinrigtings het die mag om die jeug se toekoms te vorm en hulle die geleentheid te bied om kennis te verwerf oor verskeie vakke wat hulle in hul loopbane mag nodig kry.

Hierdie reeks handboeke vir senior-fase tieners is gerieflik om te gebruik en maklik om in ‘n skooltas in te pas. Die alternatiewe opsie is om e-PDF’s te koop. PDF-weergawes van ons graad 10-12 fisiese wetenskappe handboeke kan gevind word by SNAPPLIFY en ITSI. Die voordele van hierdie keuse is dat jy nie harde kopieë met jou hoef te dra nie en ook in die donker kan studeer.

Ons verskaf ook verskeie ander handboeke, insluitend natuurwetenskappe handboeke en lewenswetenskappe handboeke.

Read More

PDF weergawes van ons fisiese wetenskappe-handboeke is beskikbaar by SNAPPLIFY en ITSI.

Fisiese wetenskappe is een van die vakke waarin ‘n goeie punt van groot waarde is vir tersiêre instellings soos universiteite. Dit is ‘n verpligte vak wanneer jy studeer in sekere rigtings, soos ingenieurswese of mediese velde, en word dikwels vereis om tot ‘n universiteit toegelaat te word. Daarom is dit van die uiterste belang om ‘n handboek vir natuurwetenskap te gebruik wat ‘n volledige oorsig gee van elke relevante onderwerp, sowel as behoorlike voorbeelde van komplekse probleme.

Met eenvoudige en praktiese voorbeelde, sal jy in staat wees om jou fisiese wetenskappe eksamen te maklik te voltooi. Verken onderwerpe soos Newton se wette, die Doppler-effek en nog baie meer wanneer jy hierdie kwaliteitsprodukte van Amaniyah Uitgewers koop.

Die uitleg van die handboeke maak fisiese wetenskappe ‘n maklik verstaanbare onderwerp vir alle hoërskoolstudente. Terwyl jy vir toetse en eksamens studeer en voorberei, is dit nuttig om nie net die teorie nie, maar ook notas van jou onderwyser byderhand te hê. Hierdie fisiese wetenskappe handboeke vir Graad 10, 11 en 12 is al wat jy nodig het om ten volle voorbereid te wees vir ‘n eksamen as jy ‘n student is, of dalk ‘n onderwyser wat studente moet toerus met die mees omvattende leerstof wat in Suid-Afrika beskikbaar is.

Bestel fisiese wetenskappe handboeke vir studente in graad 10, 11 of 12 aanlyn van Amaniyah Uitgewers vandag. Ons sal die handboeke by u voorkeuradres aflewer. Om meer uit te vind oor ons produkte en dienste, bel ons of vul ‘n aanlyn vorm in en ons sal so spoedig moontlik terugkom.

Showing all 4 results